Landbounavorsingsraad in SA sê mielieproduksie sal bo normaal wees

Die Landbounavorsingsraad in die buurland sê gegewe die gunstige toestande vir aanplanting vroeër hierdie seisoen en groot gebiede wat baat vind by nat toestande, sal die produksie van wit en geel mielies asook ander grane na verwagting vanjaar bo normaal wees. Die meerderheid se opinie is die oesopbrengs sal egter aansienlik minder wees as wat vroeër verwag is. Die Oesskattingskomitee, waarvan die raad deel is, sal einde Januarie sy gereelde maandelikse vergadering hou waartydens die uitwerking van die nat toestande meer duidelik sal wees.