Drie persent groei vir Namibië in 2022 voorspel

Cirrus Data beraam ‘n ligte groeiherstel vir Namibië vanaf 1,8 persent in 2021, wat ‘n lae basis vir groei in 2022 stel. Vir die jaar wat voorlê word groei van drie persent voorspel, met groei in die sekondêre en tersiêre nywerhede wat deur aansienlike toenames in mynbou-uitset versterk word. Cirrus-ekonoom Robert McGregor verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.