Namibiese konstruksiebedryf sukkel steeds

‘n Bekende Namibiese sakeman het sy reaksie oor die sukkelende konstruksiebedryf gegee. Die gemiddelde waarde van die voltooide geboue het van 218 miljoen Namibiese dollar in 2020 tot 81 miljoen dollar in 2021 en 2022 gedaal. Bouplanne van beide Windhoek en Swakopmund toon ‘n effense styging op ‘n maandelikse basis wat gedurende Februarie goedgekeur is, maar dit het met 24,4 persent op ‘n jaargrondslag in Windhoek afgeneem en 12,5 persent in Swakopmund. Die voltooiing van bouprojekte het met 70,2 persent op ‘n jaargrondslag in Windhoek afgeneem. Dr. Leake Hangala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…