Olie daal, maar alle oë op VSA sentrale bank

Brent ru-olie het Dinsdag met meer as 2 persent geval en ‘n vat verhandel tans net onder 86 Amerikaanse dollar. Kommer oor die beweging van Amerikaanse rentekoerse en onderhandelings oor ‘n skietstilstand in Gaza dryf die prys af. Die Amerikaanse Federale Reserwebank sit sy besprekings oor die rentekoers vandag voort en sal dan ‘n aankondiging maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, oor wat die Federale Reserwebank sal besluit.

Sou die rentekoers daal sal die dollar verswak en vraag na olie toeneem.