Vermiste biokinetikus van Oos-Kaap gevind

Die vermiste biokinetikus van die Oos-Kaap, Riana Pretorius, is ongedeerd gevind. Volgens berigte is Pretorius vanoggend by ‘n vulstasie in Struandale afgelaai en met haar gesin herenig. Sy is verlede week deur drie gewapende mans voor ‘n mediese praktyk in Newtonpark ontvoer, waarna ‘n soektog ontstaan het. Die Valke se woordvoerder, Yolisa Mgolodela, sê die beskuldigde in die ontvoeringsaak, Xolisile Rawutini, sal na verwagting weer op 5 April in die landdroshof in Gqeberha verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek.