Estland skop Russiese diplomaat uit

Estland het ‘n Russiese diplomaat uit die land geskop. Estland se ministerie van buitelandse sake sê die diplomaat in die ambassade in Tallinn het propaganda versprei wat Rusland se oorlog in Oekraïne regverdig. Die departement sê dit skep verdeeldheid by die Estlandse publiek. Rusland het nog nie gereageer op die voorval nie. Estland, wat aan die Baltiese See geleë is, was voorheen deel van die Sowjet-Republiek.