Pant sal vir Indië in T20 Wêreldbeker speel

Rishabh Pant is in Indiё se groep ingesluit vir die T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande en Amerika in Junie vanjaar. Dis sy eerste terug in internasionale krieket na ‘n gru-motorongeluk 16 maande gelede. Die 26-jarige paaltjiewagter-kolwer beïndruk steeds na sy terugkeer vanjaar tot elite krieket en het 398 lopies in 11 wedstryde in die Indiese Premierliga aangeteken. Rohit Sharma sal die span aanvoer met die omstrede onderkaptein, Hardik Pandya. Die veteraan paaltjiewagter, KL Rahul, moes plek maak vir Pant.