Bibi hou vol Rafah-aanval sal voortgaan

Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het planne aangekondig om Rafah in die suide van Gaza binne te val, al word ‘n skietstilstand- en gyselaarvrylatingsooreenkoms met Hamas bereik. Ondanks waarskuwings deur die Verenigde State, hou Netanyahu vol dat die oorlog sal voortduur totdat Israel al sy doelwitte in Rafah bereik het. ‘n Skietstilstand tussen Hamas en Israel is in ‘n doodloopstraat, met indirekte gesprekke wat min vordering toon. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het intussen hoop uitgespreek dat Hamas, wat hy beskryf as Israel se buitengewoon ruim aanbod vir ‘n wapenstilstand, sal aanvaar.