Daling in beurtkrag lei tot daling in kospryse in SA

Laer vlakke van beurtkrag het gelei tot ‘n daling in voedselpryse in Suid-Afrika, wat verligting aan verbruikers bied. Die hoofekonoom by die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, sê daar is ‘n beduidende afname in voedselinflasie, en dis nou die laagste sedert September 2020, naamlik 4,9-persent. Ondanks kommer oor droogtes, bly boere in staat om hul oeste te besproei. Vleispryse is besig om te stabiliseer, maar daar is steeds uitdagings met mielieproduksie. Wêreldvoorrade verminder egter die risiko’s. Sihlobo is versigtig optimisties en verwag matigheid in pryse, veral vir groente, vrugte en vleis.