Namibiese jagsektor op pad na Dallas-jagskou

Jagters van regoor die wêreld kom vanaf 5 tot 8 Januarie in Dallas in Texas byeen vir die 41ste Dallas Safariklub Jagskou- en Konferensie. Talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste woon gewoonlik die jagskou by.  Verskeie Namibiërs in die jagsektor is op reis of het reeds in Dallas aangekom om Namibië en sy wildprodukte by die reuse-jagskou in Amerika te verteenwoordig.