Krieket: Australië kolf eerste teen Proteas

Krieket: Australië kolf eerste nadat die kaptein, Pat Cummins, die loot gewen het in die derde en laaste toets teen Suid-Afrika in Sydney. Australië het drie veranderings aan hul span aangebring wat die reeks beklink het deur die tweede toets in Melbourne te wen. Josh Hazlewood, Matt Renshaw en Ash Agar is ingebring. Die Protea-kaptein, Dean Elgar, sê hy sou ook verkies het om eerste te kolf op die goeie blad van die SCG. Simon Harmer vervang Lungi Ngidi, terwyl Heinrich Klaasen in die plek van Theunis de Bruyn speel.