SA tradisionele leiers wil sterftes van inlywings verhoed

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om sy deel te doen om sterftes gedurende die inlywingseisoen te verhoed. Die president van die organisasie, Kgoshi Mokoena, sê daar is berig dat van die tradisionele genesers die inlywings onder die invloed van drank uitvoer terwyl sommige onervare is. Hy sê nuwe tradisionele genesers moet eers ondervinding opdoen voor hulle toegelaat word om met ‘n praktyk te begin of een te besit.

https://iframe.iono.fm/e/1266319