Namibiese jagbedryf sê Duitse Groen Party is oningelig

‘n Namibiese professionele jagter het gereageer op die Groen Party in Duitsland wat die bemarking van bewaringsjag by die jaarlikse Jagd & Hund Jagskou in Dortmund wil opskort. Talle Namibiese jagoperateurs neem aan die gesogte jagskou in Duitsland deel. Die Namibiese Professionele Jagtersverening se president, Axel Cramer, het in ‘n brief aan die Groen Party aangevoer dat jagters uit die buiteland groot tot die Namibiese toerismesektor en bewaringsbedryf bydra. Jofie Lamprecht, stigter van Jagkonsessievereniging van Namibië gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus…