Limpopo verwelkom Tom Cruise

Die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme in Limpopo het die rolprentster Tom Cruise op Twitter amptelik in die provinsie verwelkom. Hulle sê om hulle rolprent te skiet is beslis ‘n “Mission Very Possible” vir Cruise en sy span – wat natuurlik verwys na die titel van die fliek wat vir die Mission Impossible-reeks opgeneem word. Cruise en die hele filmspan is tans in Hoedspruit en sal vir twee maande in Limpopo wees, waarna hulle na Kaapstad sal reis.