R9 miljoen weg van pandemie-kospakkies

Die DA in Mpumalanga sê die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling het onderbestee aan kospakkies vir gesinne wat deur die Covid-pandemie geraak is. ‘n DA-lid van die Wetgewer, Jane Sithole, sê meer as nege miljoen rand is net weg en is vermoedelik gesteel uit die ingrypingsprogram se begroting. Sy wys daarop die party sal ‘n verduideliking versoek oor wat met die vermiste fondse gebeur het.