Namibiese handelsminister sê by Dubai Beleggingsberaad (hangende) beleggingswetsontwerp skep goeie sake-omgewing

Die Namibiese handelsminister, Lucia Ipumbu, het ondanks die nuwe wetsontwerp op beleggingsbevordering en -fasilitering wat nog nie in die parlement goedgekeur is nie, by die Namibië Beleggingsberaad in Dubai gesê dié wetsontwerp sal ‘n bevorderde en goeie sake-omgewing in Namibië vir nuwe beleggingstrategieë, veral vir herwinbare energieë, skep. Sy het gesê dit sal ‘n institusionele raamwerksbeleid deur die ministerie en die Namibia Beleggingsbevordering en Ontwikkleingsraad bevorder.