Protea-speler toets positief vir verbode middel

Krieket: Krieket Suid-Afrika het aangekondig die Protea-speler Zubayr Hamza het positief getoets vir ‘n verbode middel ingevolge die Internasionale Krieketraad se teen-opkikker-kode. Die uitslag volg op ‘n IKR-toets wat op 17 Januarie gedoen is. KSA sê in ‘n verklaring Hamza staan nie die uitslag teen nie en het ingestem tot ‘n vrywillige skorsing wat onmiddellik van krag is terwyl geskrewe voorleggings aan die IKR gemaak word. Die toets hou verband met Furosemide, wat nie beskou word as ‘n middel wat prestasie verbeter nie.