Namibiese finansminsiterie maan teen slenter

Die Namibiese ministerie van finansies waarsku Namibiërs dat ‘n bedrogspul weer aan die gang is met sogenaamde lenings en fondse wat vir entrepreneurskap-ontwikkeling aangebied word. Vals e-posse word glo van ene Adilah W. Paulus en ander name aan aansoekers gestuur om hul persoonlike besonderhede in te vul. Die ministerie sê die e-posse is vals en moenie beantwoord word nie.