Wes-Kaapse Inklusiewe Behuisingsbeleidsraamwerk opgestel

Die Wes-Kaapse Inklusiewe Behuisingsbeleidsraamwerk sal ‘n duideliker interregeringsverhouding tussen die provinsie en plaaslike munisipaliteite tot stand bring. Dit sal middel-tot-lae inkomste huishoudings toelaat om in goed geleë gebiede te woon en sodoende toegang tot beter geleenthede verseker. Die DA se woordvoerder oor landbou, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Andricus van der Westhuizen, sê hulle sal dophou hoeveel munisipaliteite in die Wes-Kaap inklusiewe behuisingsbeleide aanvaar sodra die raamwerk voltooi is.