Stad Tshwane verwyder onwettige strukture

Die Stad Tshwane se nuut-gestigte multidissiplinêre taakspan het binne twee weke 84 onwettige strukture in Nellmapius, Kudube, Soshanguve, Mabopane en Gomorrah gesloop. Inwoners en plaaslike raadslede het die spanne verlede week in kennis gestel daar is groepe mense wat grond in Nellmapius Uitbreiding 2 en Kudube binnedring. Die stad se woordvorder, Sipho Stuurman, sê hulle rig ‘n waarskuwing aan almal wat grondbesettings en onwettige boerdery aanmoedig, want hulle sal vervolg word.