Namibiese entrepreneurs moet geleenthede aangryp

Registrasie en inskrywings vir die 2023 Afrika Jeug in Toerisme-beraad en Innovering-uitdaging sluit op 28 Februarie. ‘n Kortlys vir die top-ses kandidate sal op 10 Maart bekend gemaak word, waarna die top-drie op 2 Junie 2023 aangekondig sal word. Die direkteur van SME’s Compete, Danny Meyer, moedig jong entrepreneurs in die toerisme-sektor aan om sulke geleenthede aan te gryp.