SA kapers verkies Toyota Hilux

Die Gautengse polisie sê gebiede in Tshwane, soos Mabopane en Soshanguve, is steeds die teiken vir motorkapers. Lede van die polisie het onlangs drie voertuie wat altesaam 430 000 Suid-Afrikaanse rand werd is, in die gebiede teruggekry. Kapers teiken voertuie soos Toyota Hilux, Fortuner, Ford Ranger, BMW, Nissan NP200, Volkswagen Polo, vier-trek-voertuie en twee-trek-bakkies. Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Alfred Legodi, is niemand nog aangekeer nie.