Namibiese entrepreneur wil optree oor banknoot-klag teen minister

Michael Amushelelo, ‘n jong Namibiese entrepreneur, het weer aan Ebson Uanguta, die adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië geskryf om ‘n e-pos wat hy verlede jaar in April gestuur het, op te volg oor die saak van Christine //Hoebes, die minister in die presidensie, nadat sy daarvan aangekla is dat sy opsetlik ‘n Namibiese banknoot en daarna onwettig ‘n foto van die ontsierde banknoot op sosiale media geplaas het. //Hoebes is aangekla van die oortreding van die skending van ‘n banknoot. Volgens Amushelelo het die bank niks in dié verband gedoen nie.

Amushelelo het gesê hy sal stappe doen as die bank dit nie doen nie.