SA regisseur Herman Binge sterf aan kanker

Die bekende Suid-Afrikaanse televisievervaardiger en regisseur Herman Binge het vandag sy stryd teen kanker verloor. Die 68-jarige Binge, wat met die aktrise Joanie Combrink getroud was, het dokumentêre rolprente soos Die tweede lewe en Verskroeide aarde die lig laat sien. Hulle het twee seuns, Laurie en Ludwig, wat ook ‘n akteur is.