Namibiese ekonoom oor rekordwinste van oliemaatskappye

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, wat sê dit is oneties van olie- en gasmaatskappye om rekordwinste te maak uit die huidige energiekrisis wat deur die oorlog in Oekraïne veroorsaak word. BP is die jongste reus in die fossielbrandstof-bedryf wat groot winste verklaar en onthul het hy het sy wins in vanjaar se tweede kwartaal verdriedubbel te midde van die hoë oliepryse. Guterres sê saam met die belasting-meevaller op buitensporige winste, moet regerings meer doen om die energie-aanvraag te bestuur en die oorskakeling na hernubare energiebronne versnel. Robert McGregor ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek gee sy mening in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.