Reddingspoging om beluga-walvis in Seinerivier te red

Franse reddingsdienste, brandbestryders en biodiversiteitsbeamptes is opgeroep om met ʼn plan vorendag te kom om ʼn beluga-walvis te red wat in Frankryk se Seine-rivier opgemerk is. Die beskermde spesie word gewoonlik in die koue Arktiese waters aangetref. Die walvis is tans tussen die Poses-dam en die een by Saint-Pierre-la-Garenne, ongeveer 70 kilometer noordwes van Parys. Die woordvoerder vir die omgewingsgroep, Sea Shepherd Frankryk, Lamya Essemlali, sê die uitdaging is nou om die soogdier te help voer en om dit tot in die oseaan terug te lei.