Italiaanse polisie wil nie pienk Covid-masker dra

‘n Italiaanse polisie-vakbond het beswaar gemaak teen beamptes wat pienk Covid-maskers gekry het om te dra. Daar word aangevoer die maskers pas nie by hul uniforms nie en kan die beeld van die polisie skaad. In ‘n brief aan die nasionale hoof van polisie, het die voorsitter van die vakbond beswaar gemaak teen die, wat hy genoem het, onthutsende keuse van kleur vir die maskers. Hy het voorgestel dat kleure soos wit, blou of swart meer aanvaarbaar is om saam met ‘n hoofsaaklik blou uniform te dra.