Namibiese broodpryse gaan stadiger daal  

Die prys van brood, wat die afgelope jaar aansienlik gestyg het, sal na verwagting in die komende maande afneem. Volgens die brood-vervaardiger, RCL Foods, sal wêreldwye koringpryse begin afplat, en dit sal lei tot die vermindering van druk op die verbruikers-kosmandjie. Die onderneming het aan beleggers gesê hy sien ‘n merkbare verandering in verbruikers se koopgedrag ten opsigte van brood in die ses maande tot einde Desember. Intussen het die data getoon dat hoender- en beesvleispryse ook kan daal. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, gepraat oor die moontlikheid dat broodpryse in Namibië kan daal..