AfriForum vra deursigtigheid oor Transnet

AfriForum het vandag ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by Transnet ingedien oor omstrede kontrakte, sakebelange en bedrywighede. Die menseregte-organisasie vra deursigtigheid van Transnet oor kwessies soos sy kontrakte, strafregtelike klagtes wat by die polisie ingedien is, en die persentasie spoorlyne wat buite werking is. Ernst van Zyl van AfriForum sê Transnet se sakebelange en bedrywighede het ‘n beduidende uitwerking op die ekonomie en die inligting is dus in die openbare belang.