Omgewingskonsultant: Grondeienaars het regte rakende mynbou

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het die dienste van omgewingskonsultant dr. Lima Maartens ingespan vir grondeienaars se regte. Sauma is van mening dat die voorgestelde uraan-ontginning naby Leonardville moontlike verwoestende gevolge kan inhou vir die hele Stampriet artesiese kom, wat oor die suidooste van Namibië strek en dele van Botswana en Suid-Afrika insluit. ’n Uiters kommerwekkende feit vir Sauma is dat ’n droë land soos Namibië dit eenvoudig nie kan bekostig om sy lewenslyn – uitstekende gehalte drinkwater – op te offer vir moontlike finansiële wins op kort termyn nie. Dr. Maartens sê aan Kosmos 94.1 Nuus grondeienaars het regte ten opsigte van enige verkenning, prospektering en mynbou op hul plase.