Namibiërs moet waaksaam wees, misdaadvlakke is hoog

Rooftogte, huisbraak met die opset om te steel en diefstal neem weer toe, volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag. Daar was talle inbrake oor die naweek en Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga doen ‘n beroep op Namibiërs om uiters waaksaam te wees.