Saftu verwerp Wêreldbank-lening

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde is besorg oor die lening wat deur die Wêreldbank aan die Nasionale Tesourie toegestaan is. Die lening van 750 miljoen Amerikaanse dollar, oftewel 11,4 miljard Suid-Afrikaanse rand, sal gebruik word om Suid-Afrika se reaksie op Covid-19 te versnel. Saftu sê hy verwerp die lening, aangesien dit die land se ekonomiese onafhanklikheid bedreig, en in die konteks van besparing en korrupsie nie tot voordeel van die landsburgers sal wees nie. Die vakbond voeg by die regering het meer plaaslike lenings nodig om die plaaslike tekort aan te vul en gepaste staatsuitgawes te verhoog om aan basiese behoeftes te voldoen.