Fishrot-borgaansoek hervat vandag

Die borgaansoek van die Fishrot-verdagtes sal vandag hervat voor Regter Shafimana Ueitele. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi bring die aansoek. Getuienis is verlede jaar in November gelewer en die saak is op 12 November tot vandag toe uitgestel. Luidens berigte sê die groep die ondersoek is afgehandel en hulle meen die staat kan moontlik met getuies inmeng. In hul stukke sê hulle ook hulle het nie genoeg geld om die land te verlaat nie en daarom is daar geen risiko dat hulle landuit sal vlug nie. Ricardo Gustavo is op 15 Desember verlede jaar deur regter Herman Oosthuizen borg toegestaan.