Namibiërs is nie baie gelukkig nie

Die Verenigde Nasies het hul World Happines-verslag oor die gelukkigste lande ter wêreld bekend gestel en Namibië lê 124ste op die ranglys van 146 lande. Finlanders is vir die vyfde agtereenvolgende die gelukkigste land ter wêreld, gevolg deur Denemarke en Swede. Suid-Afrika beklee die 101ste plek. Die verslag is saamgestel voor Rusland se inval op 24 Februarie in die Oekraïne. Die ongelukkigste lande is Afghanistan, Libanon en Zimbabwe.