Daar’s hoop dat Israel Rafah nie sal inval nie

Israel se minister van Buitelandse Sake, Israel Katz, sê ‘n beplande aanval op Rafah in Gaza kan opgehef word as ‘n ooreenkoms bereik kan word vir die vrylating van Israelse gyselaars wat deur Hamas gevange gehou word. Internasionale bemiddelaars beywer hulle vir ‘n skietstakingstakings-ooreenkoms in die ses maande van gevegte in Gaza, en die vryalting van Israelse gyselaars. Katz benadruk die gyselaars is hulle eerste prioriteit. Hy het bevestig ‘n beplande opeasie om Hamas-bataljonne in Rafah uit te wis kan opgeskort word sou ‘n ooreenkoms bereik word.