Gautengse gesondheidsdepartement het agterstand van 10 000 lykskouingsverslae

Die Gautengse gesondheidsdepartement beywer hom daarvoor om die agterstand met lykskouingsverslae te verklein. Daar is tans ‘n agterstand van meer as 10 000 verslae. Woordvoerder Kwara Kekana sê die Forensiese Patologie-diens werk nou saam met die Polisiediens en die departement justisie.

Kekana sê die spanne voldoen aan eenvormige prosedure om objektiewe, onpartydige en wetenskaplik akkurate uitslae te verseker.