Oekraïnse President vra pous Franciskus om bemiddelaar te wees


President Wolodimir Zelensky van die Oekraïne het pous Franciskus gevra om te bemiddel in sy land se konflik met Rusland sodat menslike lyding verlig kan word. Zelensky sê hy het ‘n telefoongesprek met die pous gehad oor die moeilike humanitêre situasie. Onderhandelaars van Moskou en Kiëf gaan voort met samesprekings om die bloedige gevegte van byna vier weke te beëindig, maar kon nog nie enige vordering aankondig nie. Pous Franciskus het by meer as een geleentheid gevra die konflik moet endkry, maar nie Rusland se naam genoem nie.