Namibië wil teen Maart 2022 kudde-immuniteit bereik

Volgens die Namibiese gesondheidsministerie is die teiken om teen Maart 2022 meer as 1,5 miljoen mense teen Covid-19 in te ent om die vereiste vlak van kudde-immuniteit te bereik. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het dit gesê toe die ministerie vandag 201 600 dosisse van die AstraZeneca-entstof van die Duitse regering ontvang het. Benewens AstraZeneca, het die ministerie ook vandag die ontvangs van 100 620 dosisse Pfizer Covid-enstof van Amerika deur die Covax-fasiliteit bevestig. Die saakgelastigde van die Amerikaanse ambassade in Namibië, Jess Long, is aan die woord.