Vergaderings oor omgewingsimpakstudie van Russe vandag in Windhoek, môre op Leonardville

Vergaderings oor die omgewingsimpakstudie van ’n Russiese maatskappy wat uraan by Leonardville wil ontgin, vind vandag in Windhoek plaas. Môre vind vergaderings by Leonardville-boereverengingsaal plaas met die konsultante wat die omgewingsimpakstudie gedoen het vir Headspring Investments om uraan in die gebied te ontgin. Die maatskappy vorm deel van die Russiese maatskappy Uranium One, wat op sy beurt deel is van die Russiese staatsbeheerde energie reus Rosatom. Die voorsitter van die Leonardville-boerevereniging, Pieter Martins, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is gereed vir die vergadering.

Hy het wel genoem dat die Russe hulle voor die hele proses betrek het, maar hy sê die boere glo nie ‘n woord wat die Russe sê nie en daar is reeds op plase geboor.