Twee sekuriteitswagte wat glo N$300 000 steel, borgtog geweier

Twee sekuriteitswagte van G4S wat daarvan beskuldig word dat hulle 300 000 Namibiese dollar gesteel het, is borgtog in die Swakopmund-landdroshof geweier. Die 34-jarige Ricardo Ochurub en 30-jarige Wayne Khrone het voor landdros Conchita Olivier verskyn. Van die 300 000 wat gesteel is, is volgens die Namibiese polisie slegs 12 800 in Ochurub se besit teruggevind. Hy het glo met die geld wat vir ‘n ATM op Swakopmund bestem was, laat spaander. Khrone is eers later as medepligtige in hegtenis geneem.