Namibië voer sanitêre doekies van N$4,5 miljoen in

Die Namibiese Statistieke Agentskap se ontleding vir die kommoditeit van Desember-maand het gefokus op beide die uitvoer en invoer van sanitêre doekies. Vir Desember 2022 het Namibië sanitêre doekies ter waarde van 4,5 miljoen Namibiese dollar uit Suid-Afrika en Spanje ingevoer, terwyl Namibië sanitêre doekies ter waarde van 100 000 dollar uitgevoer het. Daar is slegs ‘n handvol plaaslike vervaardigers van herbruikbare sanitêre doekies in die land. Intussen het die Namibiese ministerie van finansies beveel dat geen belasting op toegevoegde waarde, BTW, vanaf 1 Januarie op sekere sanitêre doekie-produkte gehef word nie. Die bring verligting vir Namibiese vroue en meisies, veral in landelike gebiede, wat nie sanitêre doekies kan bekostig nie en skoolbywoning misloop, maar maatskaplike aktivis Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus sanitêre doekies moet gratis wees.