Engelse sokkerklub-sage: Toeskouers word gelok

SA Toerisme sê sy mandaat is om internasionale toerisme aan te moedig. Die waarnemende uitvoerende hoof, Themba Khumalo, het vandag aan die media gesê sy mandaat is om toegang te kry tot toeskouers met die bestedingsvermoë om te reis deur verskeie platforms, insluitend sport, vermaak en die media. Khumalo het ook bevestig die voorgestelde vennootskaps-dokument met die Engelse sokkerklub, Tottenham Hotspur, is aan die media uitgelek.