Botswana-weermag: Eise dat Geingob met ingryp

Namibian Lives Matter het ‘n beroep op die goewerneur van die Zambezi-streek en President Hage Geingob gedoen om dringend in te gryp ná twee onlangse beweerde voorvalle van aggressie deur weermaglede van Botswana. Op 18 Januarie het ‘n boot met vier swaar gewapende lede van die BDF glo die Zambezi Queen-huisboot in Namibiese waters gevolg totdat dit die hoofkanaal van die Choberivier bereik het. Die tweede voorval was op 24 Januarie toe twee swaar gewapende Botswana weermag-soldate die Choberivier met ‘n klein aluminium-kano oorgesteek en met hul outomatiese gewere glo ‘n beeswagter op Namibiese ondervra het. Nampol se bevelvoerder kommissaris Andreas Shilelo, sê die voorvalle is deur owerhede van beide lande ondersoek. Sinvula Mudabeti, een van die leiers van die beweging sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat hul eise van die regering is.