Karpowership kry groenlig vir gas-kragaanleg

Die Turkse kragskip-operateur Karpowership het omgewingsmagtiging ontvang vir ‘n gas-aangedrewe kragaanleg in Saldanhabaai aan die Weskus. Dit volg ná die goedkeuring van sy 450-megawatt-aanleg in Richardsbaai aan die KwaZulu-Natalse noordkus, ondanks regsuitdagings. Die omgewing-departement het Karpowership toestemming gegee om ‘n 320-megawatt-aanleg in Saldanha in te stel. Die onderneming sê hierdie goedkeurings is noodsaaklike mylpale in sy poging om Suid-Afrika se kragkrisis te bekamp. Hy wil ook ‘n aanleg by Ngqura in die Oos-Kaap aanbring.