Namibië teiken ook mynbou- en visserysektor vir inentings

In Suid-Afrika is meer as 4 500 mynwerkers by die Marula Platinum-myn in Limpopo ingeënt. Dit vorm deel van die provinsiale regering se uitreikveldtog na myne. Die LUR vir gesondheid, Phopi Ramathuba, sê hulle werk saam met die departement van ninerale hulpbronne en energie, die Mineraalraad van Suid-Afrika en myneienaars sodat inentings van mynwerkers vinnig kan geskied. Ramathuba sê dit is nou tyd om ekstra versigtig te wees en die departement is bekommerd oor die toename in groepsgevalle wat die mynbedryf raak. In Namibië sê die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar word nou saam met die mynbou- en visserysektore as teikengroepe gewerk om inentings te bevorder.