Wêreldgesondheidsorganisasie: Nuwe Covid-gevalle bereik plato

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar was verlede week wêreldwyd slegs ‘n geringe toename in nuwe Covid-gevalle teenoor die vorige week. Hy sê dit beteken die aantal nuwe gevalle het ‘n plato bereik nadat dit die afgelope twee maande gestyg het. Volgens die WGO se weeklikse verslag staan die totale wêreldsyfer op meer as 211 miljoen, met die totale sterftesyfer wat meer as 4,4 miljoen is. Amerika het verlede week meer as ‘n miljoen gevalle aangemeld, wat die hoogste in die wêreld is. Dit is ook 15 persent meer as die vorige week.