SA landbou-uitvoerprestasie weerspieël veerkragtigheid van bedryf

Die uitslae van die eerste en tweede kwartaal se landbou-uitvoerprestasie in Suid-Afrika weerspieël die veerkragtigheid van die bedryf. Dit is volgens die uitvoerende hoof van Agri SA, Christo van der Rheede. Ondanks logistieke uitdagings kon die sektor daarin slaag om groot hoeveelhede produkte na die res van die wêreld uit te voer, met ‘n handelsoorskot van meer as 22 miljoen rand in die tweede kwartaal. Van der Rheede sê dit volg op ‘n styging van 36 persent in totale landbou-uitvoere jaar op jaar tydens die tweede kwartaal.