Namibië sluit nie grense vir reisigers vanaf China

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê Namibië oorweeg nie tans enige reisbeperkings teen reisigers vanaf China nie. Amerika, Japan, Indië, Italië en Taiwan is van die lande wat verpligte Covid-toetse op reisigers van China gaan afdwing. Dit volg op Beijing se besluit om sy streng zero-Covid-beleid op te hef en vrese dat die gebrekkige inligting oor Covid-variante en die toename in Covid-gevalle in China, nuwe virus-variante kan meebring. Volgens Shangula monitor die regering die Covid-situasie wêreldwyd en is bewus van ‘n styging in gevalle in sekere lande in die wêreld.