Sokkerlegende Pele verloor sy stryd teen kanker

Sokker: Die Brasiliaanse sokker-legende, Pele, is op 82 dood ná ‘n stryd met nierprobleme en kolonkanker. Pele was een van die suksesvolste en gewildste sporthelde van die 20ste eeu, en een van die grootste en bekendste atlete in die moderne geskiedenis. Hy is die enigste man wat die Wêreldbeker-toernooi drie keer as speler gewen het, saam met Brasilië in 1958, 1962 en 1970. Pele het in sy loopbaan 1 283 doele aangeteken, en is deur die Internasionale Olimpiese Komitee aangewys as atleet van die eeu, deur Fifa as mede-sokkerspeler van die eeu, en deur Brasilië as ‘n nasionale skat. Pele se regte naam is Edson Arantes do Nascimento.