Vyf vas ná gewapende rooftog by juwelier op Swakopmund

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die gewapende rooftog by die African Art Jewelry-winkel in Swakopmund. Een van die ses verdagtes het glo ‘n vuurwapen op die winkeleienaar gerig het, geld van haar geëis en juweliersware uit die kas geneem. Hulle het in ‘n wit sewe-sitplekvoertuig weggejaag en die voertuig is later in die Mondesa-woonbuurt opgespoor. Vier verdagtes – drie mans en een vrou – is in hegtenis geneem en van die gesteelde items is teruggevind. Beslag is op ‘n vuurwapen en patrone gelê. ‘n Suid-Afrikaanse vrou is later by ‘n gastehuis in Mondesa in hegtenis geneem en ‘n kontantbedrag van 273 700 Namibiese dollar is teruggevind. Nog een verdagte is op vrye voet. Die verdagtes sal in die Swakopmund-landdroshof verskyn.